29 Januarie 2015

Bid altyd

In die Bybel word ons aangesê om altyd te bid. Van die Ou Testament tot die Nuwe Testament...BID, want dit is wat God van ons verwag omdat ons met Christus Jesus verenig is. Ons veg 'n geestelike stryd in gebed. Elke Christen is 'n vegter in die geestelike stryd wat ons voer. Laat ons getrou en ywerig in gebed wees. Laat ons nie laks wees aangaande ons gebedslewe nie, want deur laksheid in gebed gee ons die duiwel 'n kans om 'n voet in die deur te kry in ons lewens.

Ek het wagte op jou mure gesit, Jerusalem. Hulle sal dag en nag bid. Julle wat die Here herinner aan sy beloftes, moenie rus nie.
~•Jesaja 62:6

Moenie ophou bid nie.
~•1 Tessalonisense 5:17

Image and video hosting by TinyPic

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking