21 April 2017

Biddag in Bloemfontein

Na aanleiding van die artikel op Maroela Media FB blad.
Ek kom nog heeltyd op vir dié gebedsbyeenkoms wanneer ander so gemeen is, maar nou voel ek beledig!😢 Baie van ons het siekes om te versorg en kan nie net pad vat Bloem toe nie. Hoekom is dit nou nodig om ons binnekamer gebede so aan te val?😢

Ek sien nou al 'n hele ruk dat daar baie TROTS is in baie wat spog hoe hulle nou moeite doen om daar te kan wees en dan word daar neerhalend van diegene gepraat wat nie gaan nie.

God se seën gaan nie wees oor iets wat so verdeel en met soveel trots en neerkyk op ander gepaadgaan nie.😢

Ek voel regtig baie seergemaak. Ek sal maar in my eenvoudigheid bid elke liewe dag soos Heilige Gees my lei en soos Hy elke dag doen.

Moenie laat trots hierdie werk van God kragteloos maak nie. Ek bid vir julle almal en ook mòre.....of gaan my gebed nie my God se ore bereik nie omdat ek nie Bloem toe is nie?😢

💕Jesus sê vir haar: Vrou, glo My, daar kom ’n uur wanneer julle nie op hierdie berg en ook nie in Jerusalem die Vader sal aanbid nie.
Maar daar kom ’n uur, en dit is nou, wanneer die WARE AANBIDDERS die Vader IN GEES EN WAARHEID sal aanbid; want die Vader soek ook mense wat Hom só aanbid.💕
JOHANNES 4:21‭, ‬23 AFR53

...en die oomblik wat daar neerhalend verwys word na mede-Christene wat nie gaan nie en ons binnekamer gebede afgemaak word asof dit nou nie so kragtig gaan wees nie oor dinge wat nou kamtig ons aandag gaan aflei en ons 'ge-guilt trip' word, dan sien ek nie die liefde van ons Here Jesus hierin nie en dan beteken álles wat ons doen en sê voor God, NIKS.

...en nog 'n ding...hier op die internet het beide kampe (Christene, die wat Bloem toe gaan en die wat nie) baie lelik en sonder liefde met mekaar gepraat.
Nou wil jy in Bloem gaan bid en jy wil in jou binnekamer gaan bid, maar dink jy God gaan jou hart vol liefdeloosheid teenoor mede-Christene, aanhoor?
Laat ons seker maak ons bekeer van daai liefdeloosheid en trots voor ons in gebed voor ons Koning gaan staan, anders gaan ons gebede op dowe ore val.
Doen 'n ding met die regte hartsgesindheid of glad nie.

Mag God die getwis, liefdeloosheid en trots van die wat Sy Naam dra, vergewe en almal van ons se gebede aanhoor en verhoor vir hierdie mooi land van ons.  #JesusChristusIsHere

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking