25 Desember 2015

'n Profeet

 JESUS

 22 Want Moses het tot die vaders gespreek: Die Here julle God sal vir julle a’n Profeet verwek uit julle broeders net soos ek is; na Hom moet julle luister volgens alles wat Hy met julle sal spreek.
23 En elke siel wat nie na dié Profeet luister nie, sal uit die volk uitgeroei word.
24 En ook al die profete van bSamuel af en die wat gevolg het, almal wat gespreek het, het ook hierdie dae aangekondig.
25 En julle is kinders van die profete en van die verbond wat God met ons vaders gesluit het toe Hy vir Abraham gesê het: cEn in jou saad sal al die geslagte van die aarde geseën word.
26 God het, nadat Hy sy Kind Jesus opgewek het, Hom eers vir julle gestuur om julle te seën deur delkeen van sy booshede te bekeer.
~•Handelinge 3:22-26
  ’n PROFEET uit jou midde, uit jou broers, soos ek is, sal die Here jou God vir jou verwek; na Hom moet julle luister —
~•Deuteronomium 18:15
b   En die hele Israel van Dan tot Berséba het erken dat Samuel betroubaar was as ’n profeet van die Here.
~•1 Samuel 3:20
c   En in jou nageslag sal al die nasies van die aarde geseën word, omdat jy na my stem geluister het.
~•Genesis 22:18
d   en sy sal ’n seun baar, en jy moet Hom Jesus noem, want dit is Hy wat sy volk van hulle sondes sal verlos.
~•Mattheus 1:21 

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking