04 April 2015

Geloof, vergifnis en gebed

Voordat ons bid, moet ons alle onvergewensgesindheid wat ons in ons harte teen iemand koester, laat staan. As ons dit nie doen nie, sal God ons nie ons sondes vergewe nie.
 
As jy sukkel om iemand te vergewe, neem dit na God in gebed, wees eerlik met God, vra Hom om jou te help.  Bid vir diegene wat jou seergemaak het, wat verkeerd gedoen het teenoor jou. Bid vir hulle met jou hele hart. Dit sal jou verander, dit sal maak dat jy groei in jou liefde vir ander, selfs jou vyande, net soos Jesus gesê het, dat ons ons vyande moet liefhê, ons moet vir hulle bid, ons moet hulle seën.
God is getrou en sal jou help en jou hart vul met Sy liefde en genade en vergifnis vir mense.

God seën julle.

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking