13 Februarie 2015

Afgedwaalde skape

Laat die woord van die Here praat.  Die Here se hand is nie te kort om 'n kind van Hom wat afgedwaal het, te verlos nie.  Die Here self sal Sy afgedwaalde skape gaan soek.  Hy sal hulle genees en hulle van harte liefhê!  Hy sê so in Sy woord!
Al het hulle God verlaat, het God hulle nooit verlaat nie.  God het hulle nog steeds lief en Hy roep hulle terug tot bekering deur hulle te straf.  Mag God hulle siele genadig wees en terugbring na Hom.
Mag ons vriende en familie wat afgedwaal het van die Here, terugkom na die Here en Hom met hulle hele hart aanbid.
Niks is vir God onmoontlik nie.  Laat ons in gebed bly vir ons geliefdes. ♥

Kom terug, kinders wat afgedwaal het,
Ek wil 'n einde maak aan julle afdwaling.
Kyk, ons kom na U toe, want U is die Here ons God!
~•Jeremia 3:22

Ek sal hulle ontrou genees. Ek sal hulle van harte liefhê. Wanneer my toorn van hom afgewend is,
~•Hosea 14:5

Julle het immers soos skape rondgedwaal, maar nou het julle teruggekom na julle Herder en die Bewaker van julle lewe.
~•1 Petrus 2:25

Gaan roep hierdie woorde na die noorde toe uit en sê:
Trouelose Israel, kom terug, sê die Here.
Ek sal nie langer vir julle kwaad wees nie,
want Ek is getrou, sê die Here,
Ek bly nie vir altyd kwaad nie.
~•Jeremia 3:12

Waarom het Ek gekom en daar was niemand nie, het Ek geroep en niemand geantwoord nie? Is my hand werklik te kort om te verlos, of is daar in my geen krag om uit te red nie? Kyk, deur my dreiging maak Ek die see droog; Ek maak die riviere tot ’n woestyn, sodat hulle visse stink, omdat daar geen water is nie, en hulle sterwe van dors.
~•Jesaja 50:2



Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking